Man vas na hy vrou probeer gryp

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn skoonheidsdeskundige by ʼn winkelsentrum in Midrand probeer ontvoer het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Kim Cloete, sê die man het die vrou omstreeks 14:00 Saterdagmiddag in sy motor se kattebak gelaai maar het haar onmiddellik weer vrygelaat. Die man is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot ontvoering en sal Maandag in die Midrand landdroshof verskyn. Die skoonheidsterapeut het in ʼn e-pos aan SAPA gesê dat sy vrou vroeër ʼn gesprek gehad het met een van haar kliënte oor ontrouheid. Die kliënt se man het glo hierna opgedaag. “Hy het my vrou aan haar nek en hare gegryp, vir haar gesê hy gaan haar dood maak en haar toe in sy motor se kattebak gedruk in die teenwoordigheid van lede van die publiek.” Veiligheidswagte en lede van die publiek het die man gekeer en die polisie ontbied. Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.