Man vas ná hy vrou vermoor, onthoof

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou vermoor en onthoof het in ʼn beweerde moetie-moord aan die Oos-Rand.

Kapt. Alfred Nakana, woordvoerder van die polisie, sê die man is in hegtenis geneem nadat sy vrou se kop in die badkamer en haar lyf in die slaapkamer van hul huis in Mayfield, Daveyton gevind is. “Hy het aan die polisie gesê dat hy sy vrou se kop na KwaZulu-Natal wou neem waar dit vir moetie gebruik kon word en hom ryk kon maak.” Die man en sy gesin was Maandagaand in hul huis toe hy hul drie kinders gevra het om na hul kamers toe te gaan. Hy het sy vrou glo na die slaapkamer geneem waarna hy haar met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het en haar kop met ʼn byl en saag verwyder het. Nakana sê die egpaar se 15-jarige seun het uit die huis gevlug en die polisie ontbied. “Die polisie het onmiddellik na die toneel gehaas waar hulle op die vrou se lyk afgekom het.” Die polisie het ook gesien daar is ʼn gat in die huis se erf gegrawe waar die man vermoedelik die lyk wou begrawe. Nkana sê die man sal Donderdag in die Benoni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.