Man vas na hy dronk op die N1 jaag

ʼn Man is die naweek in hegtenis na hy 176km/u onder die invloed van alkohol op die N1 gejaag het.

Volgens hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, is die man laat Vrydagaand op die N1-hoofweg naby Nasrec vasgetrek.

“Hy is vir alkohol getoets en was sowat vier keer oor die limiet,” het Minnaar gesê.

Die man het aan beamptes gesê dat hy van ʼn werkspartytjie onderweg was na sy huis in Alberton. Hy het ook vir beamptes gesê hy het nie agter gekom dat hy só vinnig ry nie.

Die man gaan Maandag op aanklagtes van dronk en roekelose bestuur in die Roodepoort-distrikshof verskyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.