Man vas na moord op 3-jarige

crime-scene-tape-320x191ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem na die moord op ʼn driejarige meisie in Uitenhage in die Oos-Kaap.

Ao. Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie, sê die man is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat die meisie se lykie in ʼn huis gevind is. “Daar was steekwonde aan haar bolyf. Daar word beweer dat sy met ʼn mes gesteek is.” Seekoei sê die polisie ondersoek die motief vir die moord. Die verdagte sal Maandag in die Uitenhage-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Ag, nee! Goeie genade tog dis skokkend. Die lae barbaarse gemors! Wat kon n driejarige aan die sielsiek idioot doen wat dit regverdig?
Sluit hom vir ewig toe sodat hy vrot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.