Man vas ná moord op Laeveld lodge-bestuurder

ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die waarnemende bestuurder van die Umbhaba-lodge naby Hazyview in Mpumalanga, Dave Foxon.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Leonard Hlathi, het vroeë gesê Foxon (43) en sy vrou, Bianca, is Dinsdagaand omstreeks 20:00 deur twee rowers oorval. Die verdagtes het die egpaar glo vasgebind voor hulle die huis geplunder het. Foxon kon glo daarin slaag om homself los te maak voor hy een van die verdagtes gegryp het. Hy is twee keer in sy gesig en een keer in sy been geskiet. Hy is op die toneel dood. Foxon word oorleef deur sy swanger vrou, Bianca, sowel as ʼn 2-jarige kind en ʼn vyf maande oue baba. Hlathi sê die verdagte sal Vrydag in die Witrivier landdroshof verskyn op aanklag van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.