Man vas na moord op polisie-vriendin

handcuffs3-320x257ʼn 28-jarige man het hom Woensdag in Bloemfontein in die Vrystaat aan die polisie oorgegee in verband met die moord op sy vriendin, ʼn polisiebeampte.

Konst. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is Sondagaand dood aangetref in haar vriend se kamer. Die twee was glo die vorige aand in ʼn rusie betrokke. Mpakane sê die vrou is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en het aan haar beserings beswyk. Die slagoffer was ʼn adjudant-offisier by die Thabong-polisiediens waar sy as ʼn psigometris by die gesondheid- en welstandsafdeling gewerk het. Die man sal Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

Ja, broer die Suid Afrikaanse Professionele Diewe is bedrywig met hulle voortsetting van hulle misdaad bedrywighede. Die gemors uit die straat, wat nie werk kry nie, sluit hulle by die veiligheid magte aan om dit as afspring plek vir misdaad kan gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.