Man vas na moord op student

Philasande Ngum

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n student wie se liggaam verlede weke gevind is nadat sy sedert die begin van die maand vermis was.

Philasande Ngum se ontbinde liggaam is Woensdag in ʼn veld in Presidentpark in Midrand gevind nadat sy sedert 3 Mei vermis was. ʼn 29-jarige man is intussen in hegtenis geneem nadat Ngum se selfoon in sy besit gevind is. Ngum was ʼn student aan die Midrand Graduate Institution en is die laaste keer by die Midrand-winkelsentrum gesien. Sy is glo by die sentrum ontvoer. Ngum se ma, Catherine, het ʼn losprys in haar dogter se rekening inbetaal nadat ʼn man haar van Ngum se selfoon af gebel en R1 500 geëis het. Die polisie is besig met ‘n nadoodseondersoek om die oorsaak van Ngum se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.