ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Pinky Tsinyane, sê die vrou se liggaam is Donderdagaand omstreeks middernag in ʼn rioolpyp langs die Mooikloof-kantoorpark gevind. Sy sê ‘n 23-jarige man is omstreeks dieselfde tyd in Mamelodi in hegtenis geneem in verband met die moord. Tsinyane sê die slagoffer se motor is ook gevind. Tsinyane sê die identiteit van die slagoffer kan nog nie bekendgemaak word nie. Veiligheidswagte by die Mooikloof-kantoorpark het Donderdagoggend die polisie ontbied nadat hulle patroondoppies en ʼn bloedspoor in die parkade gevind het. Die vrou het nie Woensdag by die werk uitgeteken nie en bekommerde familielede het die polisie in kennis gestel nadat hulle haar nie in die hande kon kry nie. Die polisie het glo ʼn bloedspoor gevolg wat na ʼn rioolpyp langs die gebou gelei het.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en roof. Die Mooikloof-kantoorpark is geleë op die hoek van Atterbury- en Jollify Mainweg, reg by die ingang na die Mooikloof-veiligheidskompleks.
Man vas na moord op vrou in Mooikloof
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
Een kommentaar
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Goeie werk Nico. Volgens Beeld se web site soek hulle nog na die lyk.