Man vas ná moord op vrou, kinders

ʼn Man is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou en haar twee dogters in Kameelfontein in Pretoria.

RSG berig dat die vrou se liggaam Vrydagaand by die Moloto-afrit gekry is. Die vrou se twee dogters – wat albei jonger as tien jaar is – se liggame is in ʼn motor gekry. Ooggetuies het die polisie in kennis gestel nadat hulle glo gesien het hoe ‘n man in ‘n wit Golf die vrou se lyk langs die pad gooi. Die polisie het glo later die Golf opgemerk en afgetrek. Die meisies se lyke is op die agtersitplek gekry. Hulle is glo verwurg. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Pinky Tsinyane, sê ʼn verbygaande motoris het op die liggame afgekom en die polisie in kennis gestel. Die 37-jarige man sal binnekort in die Pretoria landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord. Tsinyane sê die polisie vermoed dat die man aan die slagoffers verwant is. Sy sê besonderhede rondom die moord is nog vaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.