Man vas ná Parow-skietery

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy Vrydag glo twee mense in ‘n minibustaxi in Kaapstad doodgeskiet het.

“Die 26-jarige man is minute ná die skietery in Voortrekkerweg, Parow, aangekeer,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. Die skietery het omstreeks 13:30 plaasgevind.

Hy het sy slagoffers, ‘n 27-jarige man en ‘n vrou in haar 20s genader en hulle in ‘n stilstaande minibustaxi geskiet. Hy het te voet van die toneel af gevlug.

Polisie op patrollie in die gebied het die skote gehoor en na die toneel gehaas. Hulle het die man agternagesit en hom in hegtenis geneem. ‘n 9mm-pistool, wat moontlik die moordwapen was, is in die man se besit gevind. Die motief vir die skietery is onbekend. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.