Man vas na Reigerpark-moord

ʼn 27-jarige man is in Reigerpark aan die Oos-Rand in hegtenis geneem na ʼn 47-jarige man gisteraand doodgeskiet en sy vriendin ernstig beseer is.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Katlego Mogale, sê die verdagte is kort na die skietery in Cosmostraat in hegtenis geneem. Die polisie het op sy selfoon en die voertuig wat glo in die uitvoer van die moord gebruik is op beslag gelê. Johnny Jacobs en sy vriendin het Donderdagaand in ʼn motor in Reigerpark gesit toe hulle deur ʼn wit BMW met vier insittendes genader is. “Een van die insittendes het skote gevuur na die paartjie se motor. Die man is dood en sy vriendin is ernstig beseer.” Mogale sê die polisie soek na nog verdagtes in verband met die saak sowel as in verband met die moord op Gavin Adams. Hy is Woensdag doodgeskiet en sy vrou, Leila, ernstig beseer nadat drie mans in ʼn silwer Renault op hulle geskiet het in Meadowdale. Adams (39) het sy vrou by haar werkplek afgelaai toe die voorval plaasgevind het. Mogale wou intussen nie kommentaar lewer op berigte dat die moorde bende-verwant is nie. “Ons ondersoek steeds die onderskeie sake en dit is nog nie duidelik of die twee voorvalle met mekaar kan verbind word of bende-verwant is nie.” Adams was glo die leier van die Dogans-bende terwyl gisteraand se slagoffer glo aan die Sour Boys-bende verbind was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.