Man vas na tref-en-trap

ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo meer as ʼn maand gelede vir Carol Ann Tucker (47) doodgery het terwyl sy gedraf het en hy toe van die toneel gevlug het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê Tucker het glo omstreeks 6:00 op Sondag 3 Maart langs die R61 naby San Lameer aan die Suidkus van KwaZulu-Natal gedraf toe sy deur ʼn motor doodgery is. Die bestuurder van die motor het van die toneel gevlug. Zwane sê die polisie het die man se motor, ʼn BMW X5, opgespoor by ʼn paneelklopper in Durban waar dit vir herstelwerk was. Hy sê Tucker se bloed is op die motor gevind. Ngubane sê die man het ook ʼn vals eis by die versekering ingedien. Hy sê ʼn lasbrief is uitgereik vir die man se arrestasie en hy is Maandag in hegtenis geneem. Die man sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trudie ·

Stem saam. Moet eers gemartel word en dan gehang word. Ongevoelige vuilgoed. Dankie tog, hulle het hom gevang!

Flash ·

As die vloek so ryk is dat hy op 31 ‘n X5 bestuur, sal hy seer sekerlik homself uitkoop, R5000 om die file te laat verdwyn ens. Gee ons asseblief sy naam en adres en ‘n foto van hom? Seblief?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.