Man vas ná valse kaping

ʼn 43-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn valse kaping by die polisie aangemeld het.

Adjudant-offisier Kay Makhubela, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, sê die man het ʼn klagte by die Soweto-polisiestasie ingedien dat sy taxi Woensdagoggend gekaap is terwyl hy besig was om passasiers op te laai. Hy beweer hy was omstreeks 05:00 deur drie gewapende mans gekaap.

“Die polisie het die voorval ondersoek en die taxi opgespoor. Dit was voor die man se huis in Zola geparkeer. Die man is in hegtenis geneem. Hy moet binnekort in die hof verskyn op ʼn aanklagte van meineed,” het Makhubela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.