Man vas na ‘vernietigingstog’

ʼn Man is in Landsdowne in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy glo op ʼn ‘vernietigingstog’ gegaan en in verskeie geparkeerde motors en polisiemotors vasgery het.

Die Cape Argus berig dat die man vir ure op sy ‘vernietigingstog’ was en dat sy Jeep uiteindelik deur ʼn bestuurder van ʼn insleepvoertuig tot stilstand gebring is hoewel daar glo meer as 20 polisievoertuie op sy spoor was. Zahier Barden, die bestuurder van die insleepvoertuig, het aan die dagblad gesê dat dit gelyk het of die bestuurder van die Jeep op dwelms was en dat hy van Lansdowne na Philippi en weer terug na Lansdowne, Wetton en Crawford gery het voor hy in hegtenis geneem is. Die polisie het glo ook op die Jeep losgebrand en drie van die motor se bande gebars maar die bestuurder het glo steeds bly ry. Barden het glo sy insleepvoertuig voor die Jeep ingery waarna die man vasgekeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.