Man vas ná vier se moord

‘n Man is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die moord op vier mense in die Oos-Kaap.

“Die 25-jarige man het na bewering drie mense in November in Mthatha doodgeskiet. Die vierde persoon is Sondag vermoor,” het kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die polisie verdink die man ook van ‘n gewapende roof en kan die man ook moontlik aan veediefstal in die gebied verbind. Die man het die laaste persoon Sondag doodgeskiet. Ons ondersoek het Dinsdagmiddag tot sy inhegtenisneming gelei,” het Fatyela bygevoeg.

Twee 9mm-pistole en ammunisie is ook in die man se besit opgespoor.

Die man sal Donderdag in die landdroshof in Mthatha verskyn op klagtes van gewapende roof, vier aanklagte van moord, en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.