Man vas oor dwelms van R18 m.

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo kokaïne ter waarde van R18 miljoen oor die Beitbrug-grenspos probeer smokkel het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die dwelms is tydens ʼn roetine-ondersoek in die man se bagasie gevind. Sy sê die polisie het rolle garedraad in de man se bagasie gevind. “Die rolle was uitsonderlik swaar en die polisie het ʼn snuffelhond ingebring. Die hond het positief reageer.” Otto sê die garedraad is van die rollers verwyder en talle plastieksakkies met kokaïne is gevind. “Die kokaïne wat in die sakkies gevind is, het 10,8 kilogram geweeg en het ʼn straatwaarde van R12 miljoen.” Otto sê nog kokaïne van sowat 5,2 kilogram ter waarde van R6,4 miljoen is in ʼn versteekte kompartement in die man se bagasie gevind. Die 36-jarige man sal Maandag in die Musina-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit en smokkel van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.