Man vas oor dwelms

ʼn Nigeriese man is in hegtenis nadat daar dwelms in sy besit gevind is by die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Kol. Tembinlosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die 47-jarige man is in hegtenis geneem nadat daar vyf sakkies met 3,9kg se Tik in sy besit gevind is. “Die man het van Johannesburg na Kaapstad gevlieg en die dwelms is in sy bagasie gevind nadat dit deursoek is.” Hy sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.