Man vas oor Happy se moord

Happy SIndane

‘n Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Happy Sindane.

“Die 58-jarige man is Dinsdag by sy huis in KwaMhlanga in hegtenis geneem en aangekla van moord,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê. Sindane is Maandag in Tweefontein, langs KwaMhlanga, dood aangetref. Die polisie het gesê dit lyk of hy gestenig is.

Sindane het in 2003 aangevoer hy is ‘n wit seun wat deur swart mense aangeneem is. Klik hier om meer te lees.

Hlathi wou nie bevestig of die polisie na nog verdagtes op soek is nie. Die man sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in KwaMhlanga verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.