‘n Taiwanese voortvlugtige wat geen kennis van Engels het nie, is in hegtenis geneem omdat polisie nuuskierig was oor die woord “Wanted” [“Gesoek”] wat op sy T-hemp gedruk is.
Die man, wat slegs as ene Wu bekend is, en vir dwelmverwanteklagtes gesoek word, is verlede week by Huwei, ‘n dorp in die suide in Yunlin, in hegtenis geneem, het ‘n polisiewoordvoerder aan AFP gesê. ‘n Polisiebeampte op patrollie wat ‘n basiese toets van Engelse vaardigheid geslaag het, het Wu genader weens die T-hemp wat hy aangehad het. Verdere ondervraging en die nagaan van Wu se status op die polisie se rekenaarstelsel, het tot die inhegtenisname gelei. Wu het aan die polisie gesê die T-hemp was ‘n geskenk van sy seun en dat hy dit nie sou gedra het indien hy geweet het wat “Wanted” beteken nie.
Wat n interessante werf. Gou hier deurgegaan en was baie beindruk met al die artikels. Ja, maar baie van die goed word weggesteek of is nie belangrik genoeg vir “ander” nie.