Man vas oor hy Zuma se vrou glo afpers

Pres. Zuma saam met sy vrou Nompumelelo. Foto: GCIS/SAPA

Pres. Zuma saam met sy vrou Nompumelelo. Foto: GCIS/SAPA

ʼn 29-jarige man van Tanzanië is in hegtenis geneem nadat hy glo gedreig het om “geheime” uit te lap oor Nompumelelo Ntuli-Zuma, een van pres. Jacob Zuma se vroue, berig die Sunday Independent.

Die verdagte het glo die week verskeie koerante gekontak en sensasionele bewerings gemaak oor Ntuli-Zuma, alom bekend as MaNtuli. Hy beweer onder meer dat hy oor ʼn tydperk van drie jaar betalings van nagenoeg R200 000 van MaNtuli ontvang het. Hy ontken verder dat hy MaNtuli probeer uitbuit en sê sy het hom gehuur om mynregte in die Demokratiese Republiek van die Kongo te verkry. Die verdagte beweer hy het inligting rakende MaNtuli se “hegte vriendskap” met haar voormalige lyfwag Phinda Thomo. Thomo het glo in 2009 selfmoord gepleeg. Die verdagte beweer egter daar was ʼn komplot om Thomo te vermoor. Daar is destyds beweer dat Thomo selfmoord gepleeg het nadat hy te hore gekom het dat ʼn koerant besig was met ʼn storie oor ʼn beweerde verhouding tussen hom en MaNtuli.

Dit is nie die eerste keer dat MaNtuli om die verkeerde redes die koerantopskrifte haal nie. In 2010 is sy amper uit haar luukse huis in Durban geskop weens ʼn dispuut. MaNtuli is later “die dame uit die hel” gedoop nadat sy haar huiswerkers glo mishandel en uitgebuit het. Sy is ook al vroeër daarvan beskuldig dat sy Zuma verneuk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul Smith ·

Natuurlik sal sy hom verneuk as hy dan nie daar is om sy kant te bring nie en die hormone dreig om handuit te ruk.

Eben ·

Soeeeee never mind dit …. Kan sy nie iets doen aan haar gewig. Goedse aarde …..

Hennie ·

Hoe vetter, hoe luukser! Groot boude het ‘n magiese aantrekkingskrag vir die mans, en JZ is nie die uitsondering nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.