Man vas oor Kersdag-verkragting

verkragting

Argieffoto

ʼn 19-jarige man van Itsoseng in Noordwes is in hegtenis geneem vir verkragting, het die polisie Donderdag gesê.

“Die man het glo sy bure se 10-jarige dogter op Kersdag verkrag,” het kapt. Pelenomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy het die meisie glo gevra om saam met hom na ʼn nabygeleë dorpie te gaan en sy het ingestem. “Na bewering het die verdagte haar op pad na ʼn nabygeleë plantasie geneem en daar verkrag.”

Die meisie het, toe sy by die huis kom, haar ouers oor die voorval ingelig. “Sy is na ʼn hospitaal geneem waar die verkragting bevestig is. Die verdagte is later in hegtenis geneem,” het Makau gesê.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Itsoseng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek word kwaad, nee, WOEDEND elke keer wat ek lees van ‘n verkragting, meer nog, die van ‘n kind !

Ouers, as dit nodig is, vertel jul kinders DAAGLIKS om NOOIT, NIE eers saam die buur-oom, alleen erens heen te gaan nie.

lindie fourie ·

Bring die doodstraf terug vir verkragters en moordenaars sodat ons ons land kan skoonhou teen booswigte en daar regtig vrede en eenheid kan wees soos Madiba dit wou gehad het, maaar eers moet ons onslae raak van kriminele soos moordenaars en verkragters. Die enigste manier is die DOODSTRAF!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.