Man vas oor kokaïen in maag

handcuffs3-320x257ʼn Man van Angola is Maandag by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat kokaïen in sy maag gevind is.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die 41-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy van San Paulo, Brasilië in Suid-Afrika aangekom het. Ramaloko sê daar is met behulp van ʼn X-straalmasjien vasgestel dat daar kokaïen-kapsules in die man se maag was. Die 69 kapsules het ʼn straatwaarde van nagenoeg R250 000. Ramaloko sê die verdagte sal by die lughawe gehou word totdat al die kokaïen-kapsules uit sy maag is. Die verdagte sal Woensdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.