ʼn Man van Angola is Maandag by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat kokaïen in sy maag gevind is.
Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die 41-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy van San Paulo, Brasilië in Suid-Afrika aangekom het. Ramaloko sê daar is met behulp van ʼn X-straalmasjien vasgestel dat daar kokaïen-kapsules in die man se maag was. Die 69 kapsules het ʼn straatwaarde van nagenoeg R250 000. Ramaloko sê die verdagte sal by die lughawe gehou word totdat al die kokaïen-kapsules uit sy maag is. Die verdagte sal Woensdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Jammer die kapsules het nie gebars in sy maag nie.