Man vas oor moord by myn

handcuffs3-320x257ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vroulike mynwerker meer as ‘n jaar gelede by Anglo American Platinum in Rustenburg.

Lesiba Kgwele, woordvoerder van Noordwes-premier Thandi Modise, sê die 29-jarige man sal Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van moord. “Ons wil graag ons meegevoel met die vermoorde vrou se familie betuig en die polisie loof vir die arrestasie van die verdagte.” Pinky Mosaine se liggaam is in Februarie verlede jaar by die Khomanani 1-skag gevind. Sy is glo op 6 Februarie 2012 verkrag en vermoor terwyl sy by die werk was. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.