Man vas oor moord op negejarige meisie

handcuffs3-320x257ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn negejarige meisie in Knysna in die Wes-Kaap.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, sê die 32-jarige man is kort nadat die meisie se liggaam Saterdagaand gevind is, in hegtenis geneem. “Die oorledene het Saterdagoggend saam met vriende gespeel toe die verdagte hulle genader het. Hy het aangebied om saam met die meisie na ʼn nabygeleë winkel te loop. Die verdagte het alleen van die winkel af teruggekeer.” Die meisie se familie het haar later die middag as vermis aangemeld. Die polisie en gemeenskapslede het na die meisie begin soek en haar liggaam is omstreeks 21:00 gevind. “Sy het ʼn wond aan haar nek gehad.” Steyn sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat sy verkrag is. Die man sal binnekort in die Knysna-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willy ·

Moes nie die gemors in hegtenis geneem het nie. Geen reg op lewe nie. Die braaksel op sig vrek geskiet het! ‘n 32 jarige lafaard teen ‘n 9 jarige weerlose kind! Sterkte aan die familie.

Van die os op die jas. Wie kan ek by Maroela media kontak om ‘n “edit” en “delete” funksie by die program gebring kan word?

Trippie ·

Goeie more julle twee.

Ek het ook die versoek gerig aan Susan. Hulle is in die proses om daaraan te werk, maar stuur in elkgeval die versoek deur.

Seg Net ·

Trip More, hulle seg al vir ‘n maand lank hulle gaan iets doen, maar daar gebeur niks. Vat dit so lank om ‘n verandering aan ‘n web blad te maak? Moontlik, ek weet nie? Ek het opgehou versoeke stuur, glo hulle is gatvol vir my.

Trippie ·

Seg … ek het geen idee hoe die dinge werk nie, kom ons hoop vir die beste.

Kobus ·

Dagsê Segnet, jy kan nou jou nuwe kommentaar verander vir ‘n periode van 5 minute nadat jy dit aanvanklik gepubliseer het. Dankie vir die terugvoer en ondersteuning.

leana ·

O okay, ek sien nou hoe dit werk. Wonderlik! Baie dankie almal wat dit moontlik gemaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.