Man vas oor R300 000 se dagga

daggaʼn Man is Woensdagoggend in Soweto in hegtenis geneem nadat daar dagga met ʼn straatwaarde van R300 000 in sy besit gevind is.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het ʼn wenk van die publiek ontvang en die man ingewag by ʼn huis waar hy die dagga sou aflaai. Die polisie het op vyf sakke van 80kg elk beslag gelê. Die man sal na verwagting vandag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.