ʼn 54-jarige plaasbestuurder is Donderdag in Naboomspruit in Limpopo in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige besit van renosterhorings, olifanttande en vuurwapens.
Die inhegtenisneming volg op ʼn intensiewe ondersoek deur lede van die Valke na renosterstropery in die gebied. Volgens die verdagte het hy die drie renosterhorings en vier olifanttande lank terug in ʼn kluis op die plaas gevind. Die man kon egter nie met die nodige permitte vorendag kom nie. DNS-toetse word intussen op die horings en tande gedoen om te bepaal waar dit vandaan kom. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.