Man vas oor renosterhorings

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Man is in Dinsdag in Kameeldrift, noordoos van Pretoria, in hegtenis geneem vir die beweerde besit van renosterhorings.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Katlego Mogale, sê die polisie het die 40-jarige man gesien waar hy met ʼn swart sak in ʼn voetpaadjie geloop het. Mogale sê die man het vinniger begin loop toe hy die polisiemotor gesien het. Hy sê die man het begin hardloop en die sak in die veld gegooi. Die man is in hegtenis geneem. Die sak wat glo drie renosterhorings ingehad het, is later in die veld gevind. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn flitslig en ʼn selfoon. Die man sal binnekort in die Pretoria Noord-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.