Man vas oor spoed

speeding-300x225ʼn Man is in Brakpan aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy teen 142km/h in ʼn 80km/h-sone gery het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, sê die 27-jarige man is op die R23 tussen Rangeview- en Airportweg in hegtenis geneem. “Die bestuurder weer hy het gejaag aangesien hy sy neef moes gaan optel.” Kgagaso sê tien mense is oor die naweek in hegtenis geneem vir spoedoortredings op die R23. Die bestuurders is almal van roekelose of nalatige bestuur aangekla en sal binnekort in die Brakpan-landdroshof verskyn.

ʼn 24-jarige vrou is intussen Saterdag in Benoni in hegtenis geneem nadat sy teen 103km/h in ʼn 60km/h-sone gery het. Die vrou het beweer sy is laat vir werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.