Man vas oor verbod op vrouebestuurders

Talle vroue het uit weerstand teen die verbod agter die stuur ingeskuif

Talle vroue het uit weerstand teen die verbod agter die stuur ingeskuif en foto’s daarvan versprei

Human Rights Watch het gesê ʼn onderwyser van Saoedi-Arabië, wat ʼn veldtog ondersteun het om die verbod teen vrouebestuurders te beëindig, is in hegtenis geneem.

“Tariq al-Mubarak is Sondag deur polisiebeamptes ondervra en in hegtenis geneem,” het die organisasie Dinsdag in New York gesê.

Al-Mubarak het aan ʼn plaaslike dagblad gesê ekstremiste intimideer mense om op hul menseregte te staan. “Vryheid is nie deel van ons kultuur nie, en ook nie deel van ons interpretasie van godsdiens nie,” het hy gesê.

Meer as 60 vroue voer aan hulle het Saterdag agter die stuur ingeskuif om die verbod teen te staan. Die veldtog het kritiek uitgelok deur die koninkryk se ultra-konserwatiewe godsdienstige bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.