ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ʼn driejarige meisie naby Schweizer-Reneke in Noordwes.
Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die 37-jarige man wat in die huis langs die meisie en haar ouers se huis bly het haar glo Maandag na ʼn nabygeleë plakkershut geneem waar hy haar verkrag het. “Die polisie is na die toneel ontbied nadat lede van die gemeenskap die verdagte aangerand het. Die verdagte is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem om behandeling te kry vir sy beserings.” Makau sê die man is egter reeds uit die hospitaal ontslaan en sal Donderdag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn.
Barbaarse spesie die ?
Ontman hom. Kom reel n optog teen die boosheid.
Hulle moes daai ding net daar afgesny het en hom gelos het dat hy suffer soos daai meisietjie van 3 moes suffer. Ons lewe in ‘n siek wereld en ons het siek mense daarbuite.