Man vas oor vermiste Madeleine McCann

Madeleine McCann

Madeleine McCann

Britse ondersoekbeamptes wat die verdwyning van Madeleine McCann in Portugal in 2007 ondersoek, het ‘n man in hegtenis geneem en ‘n klopjag op sy huis uitgevoer.

Die Sunday Mirror in Engeland het verlede week bewerings van ‘n prokureur publiseer wat daarop aandring dat hy ‘n man ontmoet het wat Madeleine glo op ‘n eiland in die Middellandse See gesien het.

Die polisie in Greater Manchester het volgens die koerant glo ‘n man in hegtenis geneem en beslag gelê op rekenaars by ‘n privaatwoning.

Die Britse polisie sal Maandag glo nuwe beskrywings publiseer van mans met wie hulle graag in verbinding wil tree, berig die BBC. Dié versoek sal ook in Duitsland en Nederland uitgesaai word. Die program sal glo ‘n nuwe tydlyn bevat van gebeure rondom die geheimsinnige verdwyning. Die program sal ‘n nuwe 25-minuutlange rekonstruksie en regstreekse onderhoude met Gerry en Kate McCann insluit. Die egpaar het ‘n wêreldwye mediaveldtog van stapel gestuur in ‘n poging om hul dogter op te spoor.

Die owerhede in Portugal het in 2008 hul ondersoek afgesluit, maar die polisie in Londen het twee jaar lank die bewyse ondersoek en in Julie vanjaar met ‘n nuwe ondersoek begin. Die polisie sê ‘n analise van selfoondata van duisende mense, wat in daardie stadium tuisgegaan het in Praia da Luz, die vakansieoord waarvandaan Madeleine verdwyn het, kan moontlik tot ‘n nuwe leidraad lei.

Speurders het oor die afgelope paar jaar onderhoude gevoer met 442 mense en 41 moontlike verdagtes uitgeken. Niemand is egter tot dusver in hegtenis geneem nie.

Hoofspeurder Andy Redwood het gesê ondersoekbeamptes fokus op die tyd tussen 20:30 op 3 Mei 2007, toe Kate en Gerry McCann die woonstel verlaat het om by ‘n nabygeleë restaurant saam met vriende te gaan eet, tot 22:00 daardie aand toe Kate besef het Madeleine is weg.

Die McCanns het verlede week gesê hulle is “hoopvol” oor die nuwe inligting wat aan die lig gekom het en gesê hulle hoop dat die versoek, wat BBC gaan uitsaai, hulle nader sal bring aan ‘n oplossing om haar op te spoor.

Lees ook:
Madeleine McCann se ma in hof
Ontvoerde Madeleine McCann dalk nog lewend
Video: Madeleine se “graf”
Nuwe wending in Madeleine-saak, danksy SA-man

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

fransie ·

Ek hoop vir die ouers se part daar kom iets daarvan – dit moet seker verskriklik wees om aanhoudend te wonder en hoop!!

Strawberry ·

Dit is die ouers se skuld dat die kind in die eerste plek weg is. Mens los nie jou kinders alleen en gaan eet uit nie. Genade watse ouer doen dit? Jammer ek glo dit moet erg wees maar my punt is maak nie saak waar jy bly nie jy kan nie jou kinders alleen los nie. En in elk geval as jou kinders nie saam kan gaan nie bly jy. Dis my en my man se siening. Ons het mos genoeg tyd gehad om te “jol” toe ons alleen was. Nee wat my simpatie is net by die kind, hoop sy is veilig en dat sy vinnig gevind sal word.

toekels ·

Dit is seker die hartseerste ding wat n mens kan doen om daardie ouers te veroordeel oor wat daardie aand gebeur het. Ek glo die selfverwyt en dit wat hulle deurmaak, en al deur gemaak het is ondenkbaar, as ouer kan ek so iets nie vir my indink nie. Mense en sulke opmerkings is so onnodig en onsensitief. Sy lyk vir my na ‘n goed versorge en geborge kind.
Hoop werklik die ouers kan afsluiting kry en hulle kind vind of afskeid neem. Hartseer storie.

Marietjie ·

ai ek dink die ouers gaan deur soveel hartseer, kom mens staan hulle liewer by, en wys nie n vinger nie

Cheeky ·

Ek stem saam met strawberry, mens los nie jou kind alleen ni, nie eers as hy/sy bad nie, dit was onverantwoordelik, en die vriende saam wie hulle was, is hulle nie deel vd ontvoring nie. Ja die ouers gaan deur ‘n harseer tyd al vir jare en mense staan hulle by, maar vaderland……….??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.