Man vas oor vrou se verminkte liggaam

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se verminkte liggaam Sondag naby die Swartruggens-winkelkompleks gevind is.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die man is reeds Woensdag in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Swartruggens-landdroshof verskyn. Die vrou se liggaam is Sondag deur ʼn verbyganger in ʼn veld agter die winkelkompleks gevind. Haar maag was oopgesny. “Haar gesig is met ʼn klip vergruis, haar borste is afgesny en haar privaatdele is effens met ʼn skerp voorwerp gesny,” het Makau gesê. ʼn Nadoodse ondersoek het bevestig dat die vrou se longe en hart verwyder is. Daar kon egter nie vasgestel word of die vrou verkrag is voor sy vermoor is nie. Die slagoffer is nog nie uitgeken nie en die polisie doen ʼn beroep op enigiemand in die omgewing wat inligting oor ʼn vermiste persoon het, om die Swartruggens-polisiestasie te skakel.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.