Man vas vir 14-jarige se verkragting

‘n 35-jarige man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem ná hy glo ‘n 14-jarige dogter verkrag het.

Die voorval het Saterdagaand op ‘n plaas naby Tarkastad, 65km wes van Queenstown, plaasgevind, berig die SABC. Die man, wat die mense op die plaas ken, het glo versoek om die aand oor te slaap. Hy het die dogter na bewering deur die nag verkrag, waarop die polisie van die voorval in kennis gestel is.

Die man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.