Man vas vir 200 moorde

handcuffs3-320x257Die Meksikaanse polisie het Felipe Viveros (30) weens sy beweerde betrokkenheid by meer as 200 moorde aangekeer.

Twee ander mans, Jose Bernabe Lopez Alcaraz (43) en Froylan Barrera Morales (40) is saam met hom in hegtenis geneem. Die mans word beskuldig van dwelmhandel, ontvoering, afpersing en wapenhandel. Slegs Viveros word egter met die moorde verbind. Hy het glo opdrag gegee dat lede van opponerende dwelmbendes vermoor word.  

Die owerhede het nie bekend gemaak wanneer die mans in hegtenis geneem is nie.

Meksiko is in ‘n verbete stryd teen dwelmkartelle gewikkel en meer as 77 000 mense het die afgelope sewe jaar weens dwelmbendegeweld gesterf. Agt ontvoeringslagoffers, tussen 18 en 40 jaar oud, waarvan sommiges se ledemate afgekap is, is dié week lang ‘n hoofweg gevind. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.