Man vas vir Despatch-moord

boeie-320x257Twee polisiebeamptes het Saterdagoggend ʼn verdagte aangekeer nadat ʼn Rocco Swanepoel (39) van Despatch naby Uitenhage in die Oos-Kaap vermoor is.

Ao. Basil Seekoei, ʼn polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media gesê die twee beamptes het op ʼn klagte in die gebied reageer, toe hulle omstreeks 01:00 ʼn vrou hoor gil het.

“Hulle het gaan ondersoek instel. Die vrou het vir die polisie gesê dat haar man met ʼn mes gesteek is en sy het vir hulle die hek oopgemaak, aangesien die verdagte nog op hul huis se erf was. Die beamptes het die verdagte gevang terwyl hy oor die huis se tuinmuur wou klim om te vlug,” het Seekoei gesê.

Die vrou het aan die polisie gesê hulle was besig om te slaap en toe sy wakker word, was die man in hul slaapkamer.

“Toe die man opgestaan het, het die verdagte hom aangerand en verskeie kere met ʼn mes in sy bo-lyf gesteek.” Die man is dood voor paramedici by die toneel opgedaag het.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn. Die polisie soek nog ʼn verdagte wat vermoedelik by die moord betrokke is.

Lees ook:
Man in Despatch voor kinders vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wragtig ·

Vas vat jy weet mos watter kleur!!! Nou gaan hy weer lekker vet gevoer word op ons belasting. Ek is rerig moeg om vir moordenaars kos te koop.

michael ·

Rocco was my goeie vriend en kolega hyt gelewe vir sy familie en sou verhuis het saterdag as hy maar net vrydag vehuis het was hy nog hier ek hoop die modenaars kry wat hulle toekom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.