Man vas vir die onwettige besit van sy oorlede pa se vuurwapens

ʼn Sewe-en-dertigjarige man is in Leeukuil, Polokwane, vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.

Die klopjag is ongeveer 04:00 op die man se huis uitgevoer en die polisie het drie gewere, twee rewolwers en 331 lewendige ammunisierondes opgespoor, het lt.kol. Mohale Ramatseba gesê. Die vuurwapens en ammunisie was onderskeidelik in ʼn kluis, twee bokse en ʼn hangkas opgespoor. Dit het glo aan die man se vader, wat onlangs oorlede is, behoort. “Die verdagte moes aansoek kragtens die Vuurwapenwet ingedien het om die vuurwapens te stoor en te hou,” het Ramatseba gesê. Die vuurwapens sal deur die polisie getoets word om seker te maak dat dit nie in enige misdade gebruik is nie. Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neil ·

Kriminele hardloop met AK47’s rond en ‘n gewone burger word gearresteer oor sy erfstukke wat in elk geval deesdae onmoontlik is om gelisensieer te word weens die ANC polisie se ywerige pogings om dit onmoontlik te maak vir ons om onself te beskerm teen die kriminele wat duidelik meer regte as ons nou het…. BELAGLIK

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.