ʼn 22-jarige man is op Kaapstad se internasionale lughawe in hegtenis geneem nadat sowat vyf kilogram tik in sy besit gevind is.
Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die man wat van Pretoria af na Kaapstad gevlieg het, is in hegtenis geneem nadat die dwelms gedurende ʼn roetine-ondersoek in sy besit gevind is. Die dwelms het ʼn straatwaarde van R1,3 miljoen. Die man sal na verwagting Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn.
voer hom vir die haaie die gemors