Man vas vir Limpopo-plaasaanvalle en -verkragtings

tronkhande1-320x191ʼn Man wat vermoedelik deel is van ʼn groep mans wat verantwoordelik was vir plaasaanvalle in die Tagana’s Hoek-omgewing naby Letsitele, is in hegtenis geneem.

“Die 32-jarige man is Maandag in Nwamitwa in hegtenis geneem,” het brig. Hangwani Mulaudzi Dinsdag gesê.

Die groep het Saterdag op drie plase toegeslaan. By die eerste plaas het hulle glo ʼn 32-jarige vrou verkrag en drie vuurwapens en R300 gesteel. By die volgende plaas het hulle ʼn 59-jarige vrou van Zimbabwe verkrag en by die derde plaas het hulle elektriese huisware gesteel.

Die man moet Dinsdag in die Tzaneen-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, huisbraak en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek hoop van harte dat, indien hy wel deel van die groep is, hulle hom sal MAAK praat !

Frans Roos ·

As mens bietjie terug dink, het plaas aanvalle meer gebeur van die dorpe se kommando’s weggevat is. Maar met ons regering sal dit seker nooit terug gebring word nie. Ek onthou nog waar ek self n getuie was hoe vinnig het die kommando gereageer nadat ek hulle geskakel het, toe daar n skietery by Naboomspruit se polisie stasie was. Ek was net oorkant die straat in n video winkel,toe hoor ek die skote klap. Ek het hulle geskakel en onder 3 min was daar 5 bakkies met gewapende kommando lede. hulle het die verdagte net voor Pottie weer vasgtrek.

Juvan ·

Ag tog…..hulle moes net die ding wat reguit uit die hel kom skiet…….nie vang nie.

Trevor ·

Baie geluk aan die lede van die SAPD wie verantwoordelik was vir die inhegtenisname. Help ons tog nou net om die doodstraf terug te kry.

Lukie ·

Ja. Dankie vir daardie betrokke geregsdienaars wat die opvolgwerk gedoen het. Manne, ons weet dat van julle kan want julle opleiding was goed. Jammer dat net ‘n paar van ons mag weet wat om te doen. Leer en help asb die manne wat sukkel in hul werk, sodat hulle op julle vlak kan kom. Dankie ook aan die boere en publiek wat bygedra het tot hierdie bavaan se arrestasie. Ek stel voor dat daar ‘n plek soos “katanomabay”. Verskoon spelling. Hier in suid-afrika tot stand kom. Hierdie speste se famielie moet self vir die gevangene sorg, want die pelle en famielie is mos hope daar buite die hof as so beskuldigde voorkom. Nou daardie klomp grootbekke sal vir hom moet sorg. Dit sal ek doen as ek moet regeer. Andersins, gaan daar geweldig baie moeite in om so ‘n perd voor die hof te kry. Omtrent geen arrestasies word gemaak vir elke 1000 sake of dokkets. Die ander gaan vir gerief net na file 13. Die meerderheid sake is maar gesinsgeweld, straatbakeiery, shoplifting, messe by persone gevind, klein diefstalle, huisbraak, en laaste, die dwelm nigeriers wat nie sy deel doen en vir sy uniform pelle nie, word gou in die van gestop en ‘n voorbeeld van hom gemaak sodat hy en die ander kan sien dat die geheime fooie MOET betaal word. Snaaks genoeg, ek lewer meubels af in hamanskraal vir my swart bou voorman. Hy ry saam met my en lig my toe in dat die traffics is van die rykste inwoners in elke swart woongebied. Die darem lekker om net ‘n taxi te stop, foutjie te vind en gou ‘n R50 of R100 te oes vir ‘n take away. Doen net wat jy wil, ons het ons kaarte verkeerd gedeel in 1983 met die referendum. Ek hoor duidelik hoe kla ons eie mense omtrent die wetteloosheid in sa. Baie van hierdie klaers het ja gestem en maak nou of dit nie hulle skuld is nie. Foeitog, ek ken baie van hulle, en ek se sommer reguit vir daai een in die openbaar dat hy vir dit gestem het. Kyk, dis die gouste wat daai ou sy plek net daar in die tou verlaat, of hy los sy chekkers trollie net daar en hy verdwyn soos mis. Ha ha. Ons moet dit oral doen met die gespuis, dan sal ons die kaf van die koring skei. Merk hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.