Man vas vir ma se moord

ʼn 37-jarige man van Kaapstad is in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma in Philippi verwurg het.

Die man het sy ma Sondag glo vermoor nadat hulle in ʼn stryery betrokke geraak het. Hy het haar glo met ʼn das verwurg. Die man is hierna na ʼn kroeg om ʼn bier te drink waar hy aan die ander klante bely het dat daar ʼn lyk by sy huis is. Hy het na bewering toe gesê hy sal “tot donker wag” voordat hy daarvan “ontslae sal raak”.

ʼn Familielid van die 55-jarige vrou het gesê hy het haar op haar rug, met die das styf om haar nek vasgebind, op die bed aangetref.

Die seun is Sondag in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Athlone verskyn.

Maroela Media het Maandag berig ‘n vrou van Winterveldt in Gauteng se seun is in verband met haar moord in hegtenis geneem en haar aangenome seun word gesoek. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.