ʼn 18-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat hy glo Woensdag ʼn Kaapstadse metropolisiebeampte doodgeskiet het.
Maroela Media het vroeër berig seniorsuperintendent Mpumelelo Hubert Xakekile (50) is in Khayelitsha geskiet waarna Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, ʼn groot beloning van R50 000 uitgereik het om die skuldiges te vang. Xakekile was omstreeks 18:30 besig om boetes uit te reik toe twee mans op hom losgebrand het. Xakekile is op die toneel dood. Hy het 10 jaar lank vir die metropolisie gewerk.
Kaptein FC van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, sê ʼn deurbraak is Vrydag gemaak en ʼn 18-jarige verdagte van Khayelitsha is in hegtenis geneem. Hy word van moord aangekla en moet vandag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.