Man vas vir moord op Pta-student

ʼn 24-jarige man is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn student uit Engeland wat in Pretoria studeer het.

Die liggaam van ʼn 24-jarige vrou, wat aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie  (TUT) studeer het, is oor die naweek op ʼn kleinhoewe in Boschkop gevind.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder het die student en die man glo uitgegaan. Die man moet Maandag in die hof in Cullinan verskyn op aanklag van moord. Dit man het glo sy betrokkenheid tot die moord erken en ook bevestig dat hy en sy vriendin glo ʼn rusie gehad het. Daar is bewyse in sy voertuig en kamer gevind wat hom met die moord verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.