Man vas vir moord op twee bejaardes

tronk 2ʼn Man is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ‘n moord op twee bejaarde vroue van Lenasia, Gauteng.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die 24-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.

Die bejaarde vroue, onderskeidelik 70 en 75 jaar oud, se liggame is Woensdag in hul huis aangetref. ʼn Familielid het op hul liggame afgekom. “En van die vroue was vol bloed en is in die sitkamer aangetref. Die ander vrou was in haar slaapkamer,” het Makhubela gesê.

Volgens Makhubela ondersoek die polisie nog die saak en is die motief vir die moord nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vas Vat ·

Oorhandig die barbare aan die Lenasia gemeenskap…Stenig hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.