Man vas vir moord toe hy sy ma beskerm

‘n 18-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n ander man vermoor het in ‘n poging om sy ma te beskerm.

“Die 35-jarige man het glo Saterdagaand by die jonger man se huis in Centane opgedaag en die vrou aangerand,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, gesê. Die seun het ‘n mes gegryp en die man herhaaldelik in sy bors begin steek. Die man is dood voordat hy by die hospitaal kon opdaag. Die jong man sal Dinsdag in die landdroshof in Centane verskyn. Dit is nog nie bekend of hy die oorledene geken het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anton J Jansen ·

Die arme jongman moes seker maar sy ma ‘n statisiek laat word. In SA is dit toelaatbaar vir aanvallers om agressief te wees, maar moenie probeer om jouself of mense om jou te beskerm nie – dis teen die wet! Hoe belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.