Man vas vir ses moorde

handcuffs3-320x2574‘n Man wat gesoek was in verband met ses moorde is Saterdag in Matatiele in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die 25-jarige man het glo ‘n vrou en haar vyf kinders, tussen die ouderdomme van twee en 14, vermoor. Die moorde het glo in Desember 2012 in Mzinyathi in KwaZulu-Natal plaasgevind. Naicker sê die oorledenes was glo familie van die man. Hy het die gesin glo beroof en hulle toe vermoor in die hoop dat niemand van die rooftog sou uitvind nie. Die man het glo na die voorval landuit gevlug. Hy is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy na Matatiele gekom het om familie te besoek. Hy sal Maandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op ses aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.