ʼn Man is in hegtenis geneem vir die verkragting en moord op ʼn 98-jarige vrou van Noordwes.
Die man word verbind met die moord op Betty Titse van Tloung naby Mahikeng. Titse is glo op 19 Januarie in haar huis verkrag en verwurg. Lees meer hier.
Brigadier Thulani Ngubane sê ʼn grootskaalse soektog is ná die voorval van stapel gestuur om die skuldige vas te trek. “Die hele gemeenskap en selfs die provinsie het kragte saamgesnoer om hom op te spoor,” het Ngubane gesê.
Die man is Dinsdag in Mahikeng in hegtenis geneem en moet Vrydag in die Mmabatho-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en verkragting.