Man vas vir verkragting van vyfjarige

ʼn Gautengse man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagmiddag ʼn vyfjarige meisie verkrag het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die 28-jarige man is in Soweto aangekeer.

“Na wat verneem word, het die verdagte die meisie in die middag na ʼn huis in Moletsani geneem waar hy haar glo seksueel aangerand en verkrag het,” het Makhubela gesê.

Die man moet Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SANETTE HENNING ·

Hang hom waar gaan dit als stop almal vergryp en verkrag. GEMORS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Elza ·

Daar gaan wragtig nie n dag om sonder berigte soos die nie. Wanneer gaan daar opgetree word. Moet die gemeenskap dan nie maar self met die monsters klaar speel nie??????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.