Man vas wat glo gestremde probeer verkrag

ʼn Man is Saterdagaand in Jeffreysbaai in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ʼn verstandelik gestremde vrou te verkrag.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Priscilla Naidu, sê die 34-jarige man het glo ʼn 60-jarige vrou genader terwyl sy in Tulip-straat geloop het. Die man het glo aangebied om saam met die vrou na ʼn nabygeleë kafee te loop. “Op pad na die vrou se huis het die man haar gegryp en in die bos ingesleep. Die vrou het geskree en iemand wat haar hoor skree het, het die polisie in kennis gestel,” sê Naidu. Die polisie het die man in hegtenis geneem voor hy die vrou kon verkrag. Die polisie het ʼn saak van poging tot verkragting teen die man geopen en hy sal binnekort in die Humansdorp landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.