Man vas wat glo hond verkrag

tronkhande1-320x191ʼn 21-jarige man van Gauteng moet binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn, nadat hy glo ʼn drie jaar oue reun in sy kamer verkrag het.

Ao. Daniel Mavimbele, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man is in Diepsloot in hegtenis geneem en word van bestialiteit aangekla.

Die Daily Sun het Maandag berig die verdagte het glo sy buurvrou se hond, Fetch, opgetel voor twee vroue wat saam met hom op ʼn erf woon, en na sy kamer geneem en die deur toegemaak. Die vroue het deur ʼn venster geloer en gesien hoe hy ʼn kombers op die vloer gooi en bo op die hond klim. Die ooggetuies het gesê die man se bors was vol hondehare toe hy uit sy kamer gekom het, en hy is na ʼn kraan om homself te was.

Inwoners het gou van die voorval te hore gekom en wou hom aanrand. “Die man is ʼn dier,” het Evelyn Vundla (44) aan die koerant gesê. “Hoekom kan hy nie na die snelweg gaan en ʼn prostituut huur in plaas daarvan om ʼn hond te verkrag nie? Hy behoort doodgemaak te word of tronk toe gestuur te word vir die res van sy lewe. As hy in staat is om ʼn hond te verkrag, is hy ook in staat om ons kinders te verkrag.”

Die man het glo aan die polisie gesê hy bly alleen en dat hy in sy kamer gebid het toe die hond daar was.

Debbie Kegel, ʼn woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV), het bevestig dat die hond na ʼn plek van veilige bewaring geneem is en waar hy ʼn mediese ondersoek sal ondergaan.

Bron:Daily Sun

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

linda van rooyen ·

Genade hoop nie die arme dier kry aids nie – hoe wlaglik siek kan n mens wees

Ina ·

Wat my pla is waarom het die vroue nie die daad gekeer of gestop nie… Om te staan en kyk maak hul ook skuldig.

Anon ·

Sjoe! Hoe siek moet mens wees om dit te doen. Genade!! Hy is nie n mens nie. Arme arme dier, hoop hy gaan oky wees, dink eerder hulle moet die hond uitsit, want wat se siektes het hy nie nou opgetel nie. Hoop daardie man word lank opgesluit.

Pieter Potgieter ·

Sies weereens n bewys watse tipe dinge hulle kan doen en dit aan weerlose diere. Hulle tipe verkrag vroue en kinders ook en moet kastreer word en permanent uit samelewe verwyder word. Nou gaan ons seker ook weer betaal om hom regsverteenwoordigheid te laat kry. Die bewyse is daar hoekom hof toe laat hy net gaan sit. Wat se nasie. Sies.

Justi ·

Dis laer as laag. Die man is werklik sielsiek! Goeie genade sies…..ek stem sit eerder die arme hond uit.

Dis n jammerte die hond het nie omgedraai en dit wat erg pla by die sogenaamse “man” afgebyt nie.

Henko ·

Ek glo nie enige een van ons het die regte woorde nie. Dis meer as afstootlik. So persoon behoort permanent uit die samelewing verwyder te word.

HELENA SEABORNE ·

dis iets wat algemeen voorkom in die swart buurte, dis sieklik. hulle mus die gemeenskap gelos het dat hulle met hom afreken. barbaar.

Peter Says ·

Gooi hom in n hok vol Pittbuls. Sies, how low can you go !!!

tokkos ·

Julle moet nie baie prt nie wees bly die dier het dit inteendeel miskien geniet MAAR wat sou jy se as dit jou dogter was, laat hy hom eerder op n dier bevredig as om jou of my dogter te verkrag om van sy drange ontslae te raak, ek weet die man is skuldig en siek maar se maar net dankie dit kon baie erger gewees het en niemand het seergekry nie en julle prt van ame hond wat van babatjies wat verkrag word . Dit bly maar n aardige storie ek gisteraand n clip gesien waar hulle n man doodgooi met klippe wat n kind verkrag het en dis ook nie n mooi gesig nie . Waar gaan die lewe heen is tyd dat God aarde toe kom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.