‘n Man van Krugersdorp is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy op die N1-snelweg glo met ‘n werkvoertuig gejaag het.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, sê die man is gevang het teen 179km/h naby die Maraisburg-afrit gejaag. “Die 44-jarige man het ‘n Kia Optima bestuur. Die voertuig het geen nommerplate of voertuiglisensie gehad nie. Die man beweer hy werk vir ‘n voertuighandelaar en het die voertuig slegs vir die dag gebruik,” het Minnaar gesê.
Die man sal na verwagting Vrydag in die Roodepoort-landdroshof verskyn saam met vyf ander motoriste wat Donderdag op dieselfde snelweg in hegtenis geneem is omdat hulle meer as 160km/h gejaag het.